Longboat sal redelike pogings aanwend om akkurate en bygewerkte inligting op die longboat.com-domein in te sluit, maar Longboat bied geen waarborge of voorstellings aangaande die akkuraatheid van die inligting wat op die longboat.com-domein verskyn nie.
Longboat kan nie aanspreeklik gehou word vir die inhoud van eksterne webwerwe met hiperskakels vanaf die longboat.com-domein nie. Toegang tot die longboat.com-domein en gebruik daarvan is onderworpe aan die bepalings en voorwaardes wat hier ingesluit word, asook alle toepaslike wette, wetsbepalings en/of regulasies.
Longboat sal nie aanspreeklik gehou word vir enige aksie wat geneem word weens inligting wat op die longboat.com-domein verskyn nie. Alle gebruikers van die longboat.com-domein wat die longboat.com-domein binnegaan, stem in dat toegang tot die longboat.com-domein en die gebruik daarvan en enige en alle inhoud wat op die longboat.com-domein verskyn, op die gebruiker se eie risiko sal wees.
Longboat of enige party wat by die skep, produksie of aflewering van hierdie werf betrokke is, sal nie aanspreeklik gehou word vir enige direkte, toevallige, gevolglike, indirekte of bestraffende skadevergoeding weens ’n gebruiker se toegang, gebruik, of onvermoë om die longboat.com-domein te gebruik nie, en ook nie vir enige foute of weglatings in die inhoud op die longboat.com-domein nie.
Dit is Longboat se beleid om hul intellektuele eiendomsregte ten volle, volgens wetgewing, uit te oefen. Alle diensname, afgesien daarvan of dit in grootdruk of met ’n handelsmerksimbool verskyn, is handelsmerke van Longboat, hul filiaalmaatskappye of gesamentlike ondernemingsvennote, tensy dit anders aangedui word.
Alle inhoud op die longboat.com-domein, insluitend prente of teks, bevat kopiereg en mag nie versprei, afgelaai, gewysig, hergebruik, herplaas of op ’n ander wyse as wat hierin vervat is, sonder uitdruklike geskrewe toestemming van Longboat gebruik word nie.
Die gebruik of misbruik van hierdie handelsmerke, kopieregte of ander materiale, behalwe soos hierin toegelaat, word streng verbied en kan ’n oortreding van kopiereg- en handelsmerkwette, kommunikasieregulasies en -wetsbepalings, en ander wette, wetsbepalings en/of regulasies beteken.
Longboat is verbind tot die beskerming van jou privaatheid. Jy kan meeste bladsye op ons werf besoek sonder om enige inligting oor jouself aan ons te verskaf. Ons benodig egter soms bykomende inligting oor jou om die inligting of dienste wat jy versoek, te kan lewer. Hierdie privaatheidsverklaring verduidelik datainsameling en -gebruik in sulke situasies. Lees asseblief die volledige privaatheidsverklaring.
Dit geld vir alle inligting wat op die longboat.com-domein ingesamel of ingedien word. Ons sal jou vra wanneer ons inligting benodig wat jou persoonlik identifiseer ("persoonlike inligting", "persoonlike data" of "data" soos hierin gebruik word) of ons toelaat om jou te kontak. Persoonlike inligting wat deur die longboat.com-domein ingesamel word, is dikwels beperk tot e-posadres, taal, land of ligging, maar dit kan ander inligting insluit wanneer dit benodig word om ’n diens wat versoek word, te lewer of wanneer ’n werksgeleentheid verwerk word. Ons samel inligting op verskeie maniere in, soos hier onder uiteengesit word.
1. Op sommige bladsye kan jy inteken om inligting outomaties te ontvang. Die inligting waarvoor jy kan inteken om so te ontvang, sluit algemene korporatiewe inligting oor Longboat in, soos:
Daar sal dalk bykomend van jou versoek word om (opsioneel) jou telefoonnommer aan Longboat te verskaf, sodat jy studie-spesifieke SMS-herinnerings/-kennisgewings kan ontvang. Indien jy jou telefoonnommer verskaf, sal Longboat dit slegs vir hierdie doeleinde gebruik. SMS-aflewering sal in sulke gevalle deur ’n betroubare derdeparty-SMS-verskaffer gedoen word.
Indien jy jou e-posadres verskaf, sal dit slegs vir die ontvangs van bystandverwante of studieverwante e-posse gebruik word. Stelselgegenereerde e-posse word deur ’n betroubare derdeparty-e-posverskaffer gestuur.
E-pos- en SMS-kennisgewinginstellings kan deur die gebruiker verander word wanneer hulle by die Longboat-platform aanmeld, of deur die Longboat Bystandspan te kontak.
2. Op sommige bladsye kan jy kies om persoonlike inligting oor jouself te verskaf. Die inligting wat versoek word, sal afhang van die belangstellingsveld wat nagevolg word. Longboat gebruik ’n derdepartytoepassing om bystandnavrae te bestuur. Vir tegniese bystandversoeke wat aan Longboat gestuur word, sal die data wat verskaf is met ’n betroubare derdeparty bystanddiens-toepassing gedeel word.
3. Op sommige bladsye kan jy kies om in te teken om toegang te ontvang tot webopnames, periodiese bywerkings of inligting oor spesifieke Longboat-dienste. Die persoonlike inligting wat in sulke gevalle ingesamel word, is oor die algemeen jou naam, titel, maatskappy en e-posadres. Hierdie inligting word slegs vir kwalifiserende en kollektiewe metingsdoeleindes ingesamel.
4. Op sommige bladsye kan jy inteken om gepasmaakte inligting te ontvang. Hierdie inligting word oor die algemeen op "Kontak ons"-vorms ingesamel, waar jy kan kies om deur Longboat gekontak te word. Die persoonlike inligting wat in hierdie gevalle ingesamel word, sluit jou naam, adres, kontakdetails en e-posadres in.
5. Die longboat.com-domein samel ook sekere inligting oor jou rekenaarhardeware en -sagteware in. Hierdie inligting kan die volgende insluit: jou IP-adres, blaaiertipe, bedryfstelsel, domeinnaam, toegangstye en die adresse van verwysende webwerwe. Hierdie inligting word gebruik vir die werking van die diens, om die gehalte van die diens te onderhou en te monitor en om algemene statistiek rakende die gebruik van die longboat.com-domein te verskaf.
Ons kan dalk jou persoonlike inligting vir die volgende doeleindes gebruik:
Longboat respekteer hul webwerfbesoekers se privaatheidsregte en belangstellings en die volgende beginsels sal deur Longboat toegepas word wanneer persoonlike data hanteer word:
Data sal op ’n oop, regverdige en deursigtige wyse ingesamel en verwerk word. Longboat is verbind daartoe om te verseker dat enige verwerking, berging, openbaarmaking of gebruik van jou persoonlike inligting in ooreenstemming met relevante privaatheidregulasies uitgevoer sal word.
Data sal slegs ingesamel word vir die doeleindes wat hierbo uiteengesit is en sal ooreenkomstig gebruik word. Die insameling en verwerking van die data sal beperk word tot hierdie doeleindes en jy word hiermee vroegtydig ingelig van die doeleindes en gebruike van sodanige data.
Slegs die minimum verwerking sal uitgevoer word, om sodoende ons vasgestelde mikpunte en doeleindes te bereik – geen oormatige of onnodige verwerking sal plaasvind nie.
Die fasiliteit sal verskaf word om jou data akkuraat en bygewerk te hou.
Data sal nie langer gehou word as wat dit toepaslik of nodig is vir die doeleindes waarvoor dit verwerk word of plaaslike wetlike vereistes nie. Die data sal daarna geanonimiseer, terugbesorg of op ’n professionele en kontroleerbare wyse weggegooi word.
Data sal in ooreenstemming met die wetlike regte van die datasubjekte ingesamel, gebruik en behou word. Die datasubjek (die persoon met wie die data verband hou) sal regdeur hierdie proses die reg hê om toegang te verkry tot ’n kopie van sodanige data, en om ingelig te word van enige verwerking wat rakende die data uitgevoer word.
Daar sal toepaslike tegniese, organisatoriese en fisiese maatreëls geneem word om ongemagtigde toegang, toevallige verlies, vernietiging of skade aan data en enige ongemagtigde organisering, openbaarmaking of verwerking te verhoed.
Ons stoor die inligting wat jy voorsien in ’n veilige elektroniese databasis, sodat ons die inligting en/of dienste wat jy versoek, aan jou kan verskaf. Die inligting word vir databasis se leeftyd gestoor, tensy jy versoek dat dit verwyder moet word.
Hierdie werf en die elektroniese databasis het sekuriteitsmaatreëls in plek as beskerming teen verlies, misbruik, ongemagtigde toegang of openbaarmaking, verandering of vernietiging van die inligting onder ons beheer.
As jy jou persoonlike inligting indien, stem jy in dat Longboat dit mag verwerk vir die doeleindes van, en in ooreenstemming met, die beginsels wat hierin uiteengesit word.
Longboat verwerk persoonlike data regverdig en volgens wet en slegs vir die doeleindes soos hierin uiteengesit word.
Verwerking vir hierdie doeleindes sluit in, maar is nie beperk nie, tot verkryging, opname, behoud, organisering, oordrag, aanpassing, wysiging, herwinning, raadpleging, gebruik, beperking, openbaarmaking deur oordrag, verspreiding of ’n ander manier wat dit beskikbaar gemaak word, belyning, blokkering, vernietiging en uitvee van data. In die geval waar werksgeleenthede by Longboat verwerk word, kan dataverwerking insluit, maar nie beperk wees nie, tot:
Hierdie lys is nie volledig nie en kan verander en/of daar kan van tyd tot tyd inligting bygevoeg word.
Oefen asseblief jou reg uit om Longboat enige tyd te kontak indien jy meer wil weet oor ons verwerking van persoonlike data, of indien jy enige bekommernis in daardie verband het.
Longboat kan, onderworpe aan plaaslike wetlike vereistes, eksterne dienste gebruik om persoonlike data in te samel, verwerk en/of valideer. Longboat vereis dat sodanige eksterne diens voldoende beskerming van persoonlike data sal verseker en dat hulle aan plaaslike wetlike vereistes voldoen.
Longboat sal verseker dat die verwerking van persoonlike data deur sodanige derdeparty of eksterne diens in ooreenstemming met regulatoriese verpligtings uitgevoer word, en dat dit binne die parameters, soos uiteengesit in ’n formele, geskrewe ooreenkoms tussen Longboat en die diensverskaffer, val.
Longboat sal moontlik, onderworpe aan plaaslike wetlike vereistes, van tyd tot tyd kandidaatterugvoer en opinies insamel (bv. opnames) vir besigheidsdoeleindes soos die verbetering van prosesse. Jy kan hierdie opnames vrywillig beantwoord of jy mag dalk verkies om nie te antwoord nie en daar sal nie in weerwraak teen jou opgetree word weens jou besluit nie. Hierdie riglyne sal geld vir persoonlike inligting wat in antwoord op die opnames verskaf is.
Om as ’n suksesvolle besigheid te werk te gaan, sal dit moontlik nodig wees om persoonlike data binne Longboat-besighede te verwerk en oor te dra. Dit kan moontlik beteken dat persoonlike data buite die Europese Ekonomiese Area (EEA) na die VSA of elders oorgedra word.
Verwerking en/of oordrag van persoonlike data en vrystelling van sodanige inligting binne Longboat en/of na derdepartye buite die Europese Ekonomiese Area is onderworpe aan plaaslike wetgewing en, waar nodig, sal dit onderworpe wees aan jou toestemming, asook die versekering van voldoende sekuriteitsmaatreëls.
Ten einde as ’n suksesvolle besigheid te funksioneer, kan dit dalk nodig wees dat persoonlike data binne Longboat/Advarra-besighede verwerk en oorgedra word. Dit kan behels dat persoonlike data na buite die Europese Ekonomiese Gebied (EEG) na die VSA en ander plekke oorgedra word.
Verwerking en/of oordrag van persoonlike data en die vrystelling van sodanige inligting binne Longboat/Advarra en/of aan derde partye buite die Europese Ekonomiese Gebied is onderworpe aan plaaslike wetgewing en sal, waar vereis, onderworpe wees aan u toestemming, asook die versekering van voldoende beveiligingsmaatreëls.
Wetgewing of plaaslike regulasie kan moontlik van Longboat vereis om sekere persoonlike data aan derdepartye soos staatsowerhede bekend te maak.
Dit kan dalk ook nodig wees om sekere persoonlike data aan ’n verskaffer of kontrakteurorganisasie bekend te maak wat dienste verskaf wat die gebruik en/of skep van persoonlike inligtingsdata vereis. Sodanige bekendmaking in enige vorm sal beskerm word deur die bepalings van ’n formele, geskrewe kontrak tussen Longboat en die onderskeie diensverskaffers.
Indien jy van Longboat se dienste gebruik maak, sal sekere data (soos byvoorbeeld analitiese data) aan derdepartye bekendgemaak word wanneer dit nie moontlik is om ’n formele, geskrewe kontrak tussen Longboat en hierdie derdepartye in plek te hê nie. In sulke gevalle, sal Longboat stappe neem om hierdie data te anonimiseer voordat dit aan derdepartye bekendgemaak word, sodat dit nie gebruik kan word om jou persoonlik te identifiseer nie.
Dit kan dalk ook nodig wees om persoonlike data bekend te maak, om sodoende, onderworpe aan plaaslike wetlike vereistes, Longboat se regsbelange en ander regte te beskerm.
Longboat het, onderworpe aan plaaslike wetlike vereistes, sekuriteit in plek om handmatige en elektroniese verwerking van persoonlike data te beskerm en om misbruik daarvan te voorkom.
Longboat verseker ook dat derdepartye en filiaalmaatskappye wat persoonlike data namens Longboat verwerk, onderworpe aan plaaslike wetlike vereistes, voldoende sekuriteit in plek het.
Behalwe soos hierin beskryf word, sal ons nie jou persoonlike inligting op enige ander manier gebruik of bekend maak nie, behalwe tot die mate wat dit redelik benodig word:
’n Webkoekie is ’n stukkie data (alfanumeriese identifiseerders) wat deur jou webblaaier op die hardeskyf van jou rekenaar gestoor kan word (indien jy die webkoekies aanvaar). Longboat gebruik webkoekies om te help met die insameling van werfgebruikstatistiek, soos hierin beskryf word, en om werfbesoekers se ervarings te verpersoonlik, deur toegang te verkry tot inligting wat met hul belangstellingsveld verband hou.
Gebruik van ’n webkoekie word nie aan enige persoonlike inligting gekoppel op die longboat.com-domein nie.
Ons ontvang IP-adresse gedurende die normale werking van die longboat.com-domein. ’n IP-adres is ’n nommer wat deur jou internetdiensverskaffer aan jou toegeken word, sodat jy toegang kan verkry tot die internet. Hoewel ons IP-adresse ontvang, gebruik ons dit nie om individue persoonlik te identifiseer nie en ons maak dit nie aan ander bekend nie.
Meeste webblaaiers laat deur die blaaierinstellings ’n mate van beheer oor meeste webkoekies toe. Om meer oor webkoekies uit te vind, insluitend hoe om te sien watter webkoekies opgestel is en hoe om dit te bestuur of te skrap, besoek http://www.aboutcookies.org/
Om uit te teken uit Google Analytics se nasporing van jou webwerfaktiwiteite, besoek http://tools.google.com/dlpage/gaoptout.
Jy het die reg om die persoonlike inligting wat Longboat oor jou het, te sien (onderworpe aan sekere wetlike beperkings). Jy het ’n reg om gratis toegang te versoek tot die inligting wat ons oor jou het, deur ’n e-pos aan ons te stuur by die e-posadres waarna daar in die onderstaande "Kontakinligting"-afdeling verwys word.
Sodra die bestaan van sodanige data bevestig word, sal Longboat jou regte tot toegang tot sodanige persoonlike data respekteer. Dit kan die oorsprong van sodanige data, die doeleindes vir die insameling, verwerking en oordrag daarvan, en die ontvangers van sodanige data insluit.
Longboat sal jou toelaat om jou persoonlike data binne ’n redelike tydperk en toepaslike wetlike tydbeperkings, en onderworpe aan plaaslike wetlike vereistes, te besigtig. Ons doelwit is oor die algemeen om binne een maand van die ontvangs van jou versoek op sulke versoeke te antwoord. Wanneer dit onwaarskynlik is dat ons daardie teiken sal bereik, sal Longboat met jou kommunikeer om jou in kennis te stel van die rede vir enige vertraging.
Jy word aangemoedig om te verseker dat persoonlike data bygewerk bly en om te versoek dat ons enige sodanige data wat onakkuraat of verouderd is, te wysig (bv. naam en adres) deur ’n bewys van die korrekte inligting aan ons te verskaf.
Jy het die reg om beswaar te maak teen enige verwerking van jou persoonlike data deur Longboat, onderworpe aan sommige uitsonderings. Wanneer daar sulke kwessies is, stuur asseblief ’n e-pos aan ons by die kontakadres waarna daar in die onderstaande "Kontakinligting”-afdeling verwys word.
Jy het die reg om te versoek dat jou persoonlike data van ons stelsel af verwyder word, onderworpe aan sommige uitsonderings (die reg om vergeet te word). As jy so ’n voorkeur wil instel, stuur asseblief ’n e-pos aan ons by die kontakadres waarna daar in die onderstaande "Kontakinligting”-afdeling verwys word, en dui jou redes aan vir die versoek om jou data te verwyder. Neem asseblief kennis dat Longboat moontlik, wanneer wetlike verpligtings of regulatoriese bepalings geld, nie altyd in ’n posisie sal wees om aan so ’n versoek te voldoen nie.
Indien jy nie saamstem met die akkuraatheid of volledigheid van enige van jou persoonlike data wat deur ons behou word nie, stel asseblief vir Longboat in kennis by die onderstaande "Kontakinligting". Longboat sal poog om enige probleme rakende jou persoonlike data op te los, in ooreenstemming met toepaslike prosedures.
Die longboat.com-domein is ’n werf vir ’n algemene gehoor en geen deel van die werf is gestruktureer vir ’n nievolwasse gehoor nie. Dit is Longboat se mening dat die aard van die onderwerpinhoud waarskynlik nie enige belangstelling sal vir minderjariges sal inhou nie. Longboat sal nietemin nie enige persoonlike inligting vanaf minderjariges wetend insamel nie.
Met die ontwikkeling van die longboat.com-domein en Longboat en met die verandering aan privaatheidswette en -regulasies, kan dit moontlik nodig wees om ons privaatheidsverklaring te hersien en by te werk. Indien ons dit doen, sal ons ook die hersieningsdatum op die verklaring hersien.
Vrae en opmerkings aangaande hierdie verklaring moet ingedien word by: lb-privacy@advarra.com